Die bestuurder en die lyfwag van die speaker van Sol Plaatje-munisipaliteit is op 25 Junie in 'n ongeluk naby Christiana dood. Die amptenare was ten tyde van die ongeluk op pad om die Speaker in Johannesburg te gaan haal. Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het gesê die “ongelukkige en tragiese ongeluk” het Sondagoggend omstreeks 06:00 plaasgevind. “Twee van ons amptenare, Elias Squire en Tebogo Dithabe, is tragies op die toneel oorlede. Albei amptenare was werknemers van die Sol Plaatje-munisipaliteit wat in die speaker se kantoor gesetel is. Hulle was op reis na Johannesburg.”