By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 26 Sep 2023
Language: Afrikaans
Category: Accident
Namakwalandse betreur die skielike heengaan van Papa Hunter
Namakwaland
betreur die skielike heengaan van Johannnes Cloete, beter bekend as Boetie Bas
of Papa Hunter.
Hy
was wel bekend regoor Suid Afrika, waar hy gemeenskapslede vermaak het met
langarm musiek, met sy orkes Smart Vision, wat hy gestig.
Met
sy geliefde vrou Rosy aan sy sy het hulle diep spore in die Namakwa- distrik
getrap, met hul liefdadigheids werk.
Vir
vele sal hy bekend staan as ‘n barmhartige samaritaan, waar hulle altyd ‘n
bydrae gelewer het tot enige welwillendheid projek.
Wanneer
Radio Nfm 98.1, jaarliks sy SoupDrive gehou het, het die Cloete egpaar hul sop
bydraes kom aflewer by die kantoor van Nfm.
Selfs
deur Cloete se pyn het hy nog altyd ‘n grappie en twee gedeel en jou bemoedig
uit die Woord van God.
Oom
Boetie Bas is 'n integrale deel van die Namakwalandse musiek kultuur en het het
sy stryd teen kanker op Sondag, 24 September in die oggendure verloor.
Related News