By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 09 May 2024Language: AfrikaansCategory: Politics
President Ramaphosa sal Distriksontwikkelingsmodel Presidensiële Imbizo in die Noord-Kaap lei
President
Cyril Ramaphosa gaan vandag die Distriksontwikkelingsmodel Presidensiële Imbizo
in die Noord-Kaap lei. Hy sal met gemeenskapslede en belanghebbendes in die
John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit in gesprek tree. Dit sal om 9uur die
oggend by die Batlharos-sportterrein in Ga-Segonyana plaasvind. Die Imbizo
bevorder deelnemende demokrasie deur gemeenskapslede en belanghebbendes se
insette en voorstelle oor die verbetering van die munisipaliteit aan te hoor.