Die ANC in Namakwa is oorweldig en trots op die verkiesing van kameraad Sandra Beukes as NUK-lid van die Vroueliga. Die Liga het die naweek sy elektiewe konferensie in Midrand Johannesburg gehou. Afgevaardigdes van regoor die land het saamgetrek om hul takmandaat te verseker. Geskiedenis is gemaak toe me. Sandra Beukes op die lys van addisionele lede verkies is, dit is 'n eerste vir Namakwa-streek. Die ANC in Namakwa wil haar sterkte toewens in haar nuwe pligte en is vol vertroue dat sy in haar politieke pligte sal uitblink. Vroue speel 'n integrale rol om die samelewing op alle platforms te lei.