Die Namakwa Distrik Departement van Gesondheid loods van 2 Februarie tot 31 Maart 2026 die Nasionale MPV-inentingsveldtog, wat daarop gemik is om meisies van 9 jaar en ouer teen die menslike papillomavirus (MPV) in te ent, die hoof oorsaak van servikale kanker.
Skoolgesondheidspanne sal openbare en spesiale skole besoek om die enkeldosis MPV-entstof gratis toe te dien.
Die entstof is veilig, hoogs effektief en kan ’n leeftyd se verskil maak in die beskerming van jong meisies teen servikale kanker.
Sedert die inisiëring van die program in 2014 is meer as 9 600 entstowwe in die Namakwa-distrik toegedien, met ’n leerder- en skooldekkingskoers van meer as 80%.
Ouers wat nog nie die toestemmingsvorms ingevul het nie, word aangemoedig om dit vandag te doen.
Sluit aan by die wêreldwye Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)-inisiatief om servikale kanker teen 2030 as ’n openbare gesondheidsbedreiging uit te skakel, en beskerm u dogter en ander jong meisies in u sorg.
