Hoekom is Biodiversiteit belangrik in ons area?
Was die vraag wat Vedanta Zinc International gevra het, met die viering van Biodiversiteitsdag wat gister plaasgevind het.
Die Vetplant-Karoo, waar Black Mountain Mine Complex geleë is, is die wêreld se enigste droë biodiversiteit-brandpunt en is die tuiste van die grootste konsentrasie vetplantspesies wêreldwyd – sowat 6 400 plantspesies waarvan 40% endemies is.
Ons, Vedanta Zinc International, glo in mynbou met sorg en ons beskerm en bewaar aktief 153 verskillende endemiese plantspesies en 164 000 individuele plante, in ooreenstemming met die mynreus se lisensie om te myn.
“Wat doen jy om biologiese diversiteit te beskerm en te bewaar?” het Vedanta Zinc International gevra.
