Gemeenskapsversorgers in die Noord-Kaap het onlangs die departement van maatskaplike ontwikkeling besoek om hulp te vra met die kwessie dat hulle nie hul toelaes ontvang nie.
Hulle word gekontrakteer deur nie-regeringsorganisasies (NRO’s) en het glo vir twee tot vier maande nie hul toelaes ontvang nie, volgens die National Union of Public Service and Allied Workers (Nupsaw).
Thapelo Thole, provinsiale organiseerder van Nupsaw, het gesê sowat 195 versorgers wat aan 30 NRO’s regoor die provinsie gekontrakteer is, word hierdeur geraak.
“Dit is glo nadat die departement van maatskaplike ontwikkeling bevind het dat die NRO’s nie hul fondstoewysings nakom of misbruik nie. Dit is egter onmenslik om versorgers te straf aangesien hulle gesinne het om te versorg en rekeninge om te betaal. Hulle meld steeds aan vir werk ter wille van hul pasiënte en bejaarde kliënte,” het Thole gesê.
Die Noord-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het aangedui dat hy aandag gee aan medianavrae.
Gamiem Abrahams, woordvoerder van die departement, het gesê ‘n omvattende reaksie sal verskaf word sodra alle partye geraadpleeg is.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *