Verlede jaar is jong kunstenaars en wetenskaplikes landwyd genooi om hul perspektiewe oor die belangrikheid van water in gemeenskappe en die alledaagse lewe in te dien.

Die inisiatief het gefokus op hoe water ons lewens beïnvloed – sosiaal, ekonomies en omgewingsgewys.

Twee leerders van Hoërskool Namakwaland, Abigail Engelbrecht en Daleen Bester, het hierdie geleentheid aangegryp om hul artistieke talent en kreatiewe vaardighede ten toon te stel.

Deur middel van kunswerke het hulle op ’n unieke manier uitgebeeld wat water vir hulle beteken.

Benewens die kunswerke moes deelnemers ook ’n kort inleiding tot hul stukke indien.

Die projek is aangebied deur die Noordwes-Universiteit (Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer) in samewerking met die Universiteit van die Wes-Kaap se Wetenskapleersentrum vir Afrika en die Iziko Museums van Afrika.

Die skool is besonders trots dat Abigail en Daleen se wenkunswerke gekies is om in ’n boek gepubliseer te word.

“Welgedaan aan hierdie twee Bokkies, julle is ’n inspirasie!” het die skool gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *