Woensdag, 11 Februarie 2026 het die Burgemeester van die Richtersveld Munisipaliteit, Raadslid Cornell Knoph, die gemeenskap van Sanddrift in Wyk 2 besoek om sy meegevoel aan die bedroefde Fredericks-familie te betuig na die skielike afsterwe van die ouma van Raadsspeaker, Raadslid Marlene Fredericks.

Burgemeester Knoph is vergesel deur die Hoofsweep en Wyk 3 Raadslid, Raadslid Caretas Sonzami, Uitvoerende Komiteelid en Wyk 4 Raadslid, Raadslid Maria Obies, Wyk 5 Raadslid, Raadslid Noluthando Mabala, Voorsitter van die RVM Sportforum, Mnr. Joseph Klaasse, en lede van die Politieke Kantoor.

Die program is gelei deur die Hoof van Seremonies, Raadslid Noluthando Mabala, en geopen met ’n gebed deur Raadslid Maria Obies.

Raadslid Sonzami en die Spesiale Programme Beampte, Me. Mapule Mabala, het boodskappe van vertroosting aan die familie oorgedra.

Burgemeester Knoph het namens die Richtersveld Munisipaliteit sy innige meegevoel uitgespreek, terwyl Mnr. Jacob “Agap” Fredericks namens die familie sy opregte waardering vir die ondersteuning tydens hierdie moeilike tyd uitgespreek het. Mev. Maria Fredericks is op die ouderdom van 96 oorlede in haar huis in Sanddrift, Wyk 2.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *