Copper 360 het aangekondig dat poste by sy bedrywighede in die Noord Kaap gesny sal word as deel van ’n herstruktureringsproses wat daarop gemik is om die maatskappy winsgewend en volhoubaar te maak.

Volgens die maatskappy sal sekere oppervlakbedrywighede gestaak word om groter fokus op die ontwikkeling van die hoërgraadse ondergrondse Rietberg Myn te plaas.

Die ontwikkeling sal na verwagting oor die volgende vier tot vyf maande versnel word.

Copper 360 sê die herstrukturering is bedoel om die kostebasis te verminder, kontantvloei te beskerm en die onderneming beter te posisioneer vir langtermynbedrywighede.

Arbeidskonsultasieprosesse het reeds begin in ooreenstemming met arbeidswetgewing.

Die maatskappy se aandele het Maandag, 11 Mei 2026 sowat 1,7% op die Johannesburgse Effektebeurs gedaal.

Copper 360, wat deur wyle Jan Nelson gestig is, het sedert sy notering uitdagings ervaar om produksieteikens te haal.

Vroeër vanjaar het uitvoerende hoof Graham Briggs en finansiële hoof Stephan du Plessis bedank.

Gordon Thompson dien tans as waarnemende uitvoerende hoof.

Voorsitter Rupert Smith sê die direksie glo die herstrukturering is ’n noodsaaklike stap om kapitaal te beskerm en die maatskappy vir volhoubare groei te herposisioneer.

Bron: Mining M×

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *