Hoërskool Concordia se Oscars 2026 het die skoolgemeenskap op ’n aand van humor, vermaak, talent en verrassings getrakteer.

Die geleentheid is in drie blokke aangebied, met leerders en personeel wat vir hul unieke persoonlikhede, styl, talent en bydraes erkenning ontvang het.

Die eerste blok het die aand op ’n humoristiese noot afgeskop.

Loresha van Neel en Dene Jurens is as die skool se eie Bonnie & Clyde aangewys, terwyl Aiden Stevens en Craigen Fielding die onafskeidbare SpongeBob en Patrick verteenwoordig het.

Duann Cloete het die titel Mnr. Bene ingepalm, met Katelynn Bennett as Mej. Bene.

Dante Emke is as News24 bekroon, met Wentworth Osborne wat die Giemba-toekenning ontvang het.

Jayden Raymond het as die skool se Einstein bewys dat hy die slimkop van die aand is, terwyl Wayne Engelbrecht met die Always Late-toekenning vereer is.

Die personeel het ook erkenning ontvang, met mnr. Dillon Rutledge wat as Best Dressed Teacher aangewys is.

Blok twee het voortgebou op die suksesvolle begin.

Shelwyn Cloete is as die hartebreker Jonasi aangewys, terwyl Loresha van Neel die LGBTQ+-toekenning ontvang het.

Shaydon Links is as die skool se Icon bekroon.

Olwethu Hono en Henmary Adonis het onderskeidelik as Mnr. en Mej. Colgate weggestap.

Mesimo Wilson het die Fade Never Fades-toekenning ontvang, terwyl die Bobbies as die Dream Team aangewys is.

Onderwysers het ook hul oomblik in die kollig gekry.

Mnr. Emanual het die Talking Tom-toekenning ontvang, terwyl mnr. J. H. Schmidt as die Golden Oldie vereer is.

Die tweede blok is op ’n besondere musikale noot afgesluit toe Tamryn Isaacs Adele se “Love in the Dark” vertolk het en die gehoor met haar optrede beïndruk het.

Die derde en finale blok het nog ’n reeks interessante wenners opgelewer.

Amy-Lee Engelbrecht het die Miss Diva-titel verower, terwyl Miguel Fitzpatrick se kenmerkende humorsin hom die Class Clown-toekenning besorg het.

Tristan Wippenaar is as Best Dressed bekroon, met Jade Titus en Tristan Bezuidenhoudt wat onderskeidelik as Social Media Queen en Social Media King aangewys is.

Personeellede is ook in die finale blok vereer.

Aunt Niekie het ’n Toekenning van Waardering ontvang, terwyl juf. Vania Cloete die Substitute Sailor-toekenning gekry het.

Sharné Links is vir haar besonderse kreatiwiteit en skeppings erken.

Juf. Marsha Jones is met die Angry Bird-toekenning as die strengste opvoeder vereer, terwyl juf. Scarlett Gall die laaste toekenning vir Kultuur ontvang het.

Die Oscars 2026 het daarmee ’n besonderse geleentheid geword waarin Hoërskool Concordia se Blouvlamme hul humor, individualiteit en talent kon vier.

Die aand het nie net vermaak verskaf nie, maar ook die unieke karakter van die skoolgemeenskap beklemtoon.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *