Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het Donderdag, 14 Mei 2026 die Namakwa Distrik Interregeringsverhoudingeforum (NDIRF) in die raadsaal van die distrik aangebied, waar sektordepartemente, munisipaliteite en verskeie belanghebbendes byeengekom het om samewerking en gekoördineerde dienslewering regoor die distrik te versterk.

Die forum het as ’n belangrike platform gedien vir gesprekke oor uitdagings en ontwikkelings binne die distrik.

Besprekings het gefokus op rampbestuur, ontwikkelingsinisiatiewe, munisipale aangeleenthede en terugvoer vanaf verskillende sektordepartemente.

Verteenwoordigers van plaaslike munisipaliteite sowel as verskeie regeringsdepartemente het die vergadering bygewoon en insette gelewer oor projekte en diensleweringskwessies wat gemeenskappe in die Namakwa Distrik raak.

Volgens die distrik bly platforms soos die NDIRF noodsaaklik om samewerking tussen verskillende sfere van regering te bevorder, uitdagings gesamentlik aan te spreek en vordering met ontwikkelingsinisiatiewe te monitor.

Die forum speel ook ’n belangrike rol om te verseker dat dienslewering beter gekoördineer word en dat gemeenskappe regoor die Namakwa Distrik voordeel trek uit samewerkende regeringspogings.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *