Okiep Hoërskool het rede tot feesviering nadat verskeie opvoeders tydens die Namakwa Distrik: National Teaching Awards and Well-Done Function 2026 in Springbok vir hul uitstaande bydrae tot onderwys vereer is.

Die skool het sy opregte gelukwense oorgedra aan die skoolbestuurder, me. C.J. Jordaan, departementshoof juffrou J. de Jongh, asook juffrou V. Burgess, juffrou F. van den Heever, mnr. K. Adams, mnr. J. Clarke en juffrou Louw, wat erkenning ontvang het vir hul toewyding en uitnemende werk.

‘n Besonderse hoogtepunt van die geleentheid was toe me. C.J. Jordaan met die Eerste Plek vir Excellence in Secondary School Teaching bekroon is.

Die toekenning is ‘n erkenning van haar uitstekende leierskap, passie vir gehalte-onderwys en haar toewyding aan die ontwikkeling van leerders en personeel.

Volgens die skool weerspieël die toekennings die harde werk, professionaliteit en passie van die opvoeders wat daagliks daarna streef om leerders te inspireer, te ondersteun en vir ‘n suksesvolle toekoms toe te rus.

Okiep Hoërskool het al sy opvoeders bedank vir hul onbaatsugtige diens en die belangrike rol wat hulle speel in die vorming van die volgende geslag.

Die skool het beklemtoon dat hul toewyding nie net kennis oordra nie, maar ook waardes vestig en ‘n blywende verskil in die lewens van jongmense maak.

Die bestuur, personeel en leerders het die bekroonde opvoeders gelukgewens en hul trots uitgespreek oor die erkenning wat Okiep Hoërskool op distriksvlak ontvang het.

“Nihil sed Optimus” – Net die Beste – bly die skool se strewe.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *