Die WOW Spel-kompetisie het onlangs by Okiep Hoërskool plaasgevind, waaraan Graad 8- tot 10-leerders met groot entoesiasme deelgeneem het.

Die leerders het hul beste gelewer en Okiep Hoërskool met trots verteenwoordig.

Normanique Cooper het ’n uitstekende 4de plek in Graad 9 behaal.

In Graad 10 het Clayton vd Heever ’n indrukwekkende 2de plek, Chaney Coetzee ’n 3de plek en Zeta Cloete ’n 6de plek behaal.

Die skool het alle deelnemers geluk gewens.

’n Spesiale woord van dank was aan Juf De Jongh en die onderwysers gespreek wat gehelp het om die geleentheid suksesvol te laat verloop.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *