Ds. Conroy Terblanche, leraar van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGK)-gemeente in Concordia, het onlangs ’n leierskapsessie vir die VRL-lede van Hoërskool Concordia van 2026 aangebied.

Die sessie het gefokus op groepwerk, effektiewe leierskap en konflikhantering, met besondere klem op verantwoordelikheid, integriteit en diensbaarheid.

Volgens ds. Terblanche gaan ware leierskap nie oor mag of posisie nie, maar oor diens aan ander.

Hy het beklemtoon dat leiers eerlik, regverdig en betroubaar moet optree en deur hul gedrag en houding ’n voorbeeld moet stel.

Leerders het aktief aan besprekings deelgeneem en saam oplossings vir moontlike uitdagings geïdentifiseer.

Die sessie is as insiggewend en motiverend beskryf.

Die skool het ds. Terblanche bedank vir sy waardevolle insette en ondersteuning.

Met die Blouvlam-fakkel hoog gehef, is die VRL gereed om ’n positiewe verskil in 2026 te maak.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *