’n Polisiebeampte van Nababeep is vroeg vandeesmaand, weens beweerde wangedrag geskors.

‘n Anonieme bron het beweer die beampte het ‘n onbekende bedrag geld uit die polisie se kluis gesteel.

Verlede jaar het luitenant-kolonel Nomvula Jacobs, wat as die waarnemende stasiebevelvoerder van Springbok SAPD gedien het, haarself in warm water bevind omdat sy glo geld gesteel het.

Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Cherrel Ehlers, reageer op die media-navraag, sê “‘n Skorsingskennisgewing is beteken op ‘n beampte wat by Nababeep Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gestasioneer is in verband met beweerde wangedrag.

Die interne dissiplinêre proses duur voort.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *