Richmond-man kry 20-jaar tronkstraf vir moord

 Richmond-man kry 20-jaar tronkstraf vir moord

https://psmag.com/.image/t_share/MTI3NTgyMTg0NDUzMzU5NjI2/prison-bars-shutterstock.jpg

Granville Adams (25) is onlangs in die Richmond-streekhof, in die Noord Kaap, 20-jaar tronkstraf gevonnis vir moord, huisbraak en diefstal.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant-kolonel Sergio Kock het bevestig dat die beskuldigde by die huis van 68-jarige manlike slagoffer op Richmond ingebreek het.

“Die beskuldigde het ‘n paar waardevolle items gesteel en die gestremde slagoffer met ‘n broek doodgewurg,” het Kock gesê.

Die polisie het inligting opgevolg en Adams vier dae later in hegtenis geneem.

Die polisie het borgtog teengestaan en die beskuldigde het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Related post