Valke lê besoek af by Hoërskool Roodepan

 Valke lê besoek af by Hoërskool Roodepan

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad het ‘n uitnodiging van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling vereer om Hoërskool Roodepan op Woensdag, 11 Mei 2022 te besoek.

Die departement het ‘n behoefte geïdentifiseer om die genoemde skool te besoek, ná ‘n uitroep van die gemeenskap van Roodepan oor kinders oor bewerings van mensehandel.

Daar was ook bewerings van die stigtiung van bendes in die gebied.

 Ernstige georganiseerde misdaadondersoekspan is gewoonlik getaak met die ondersoek en voorkoming van bendes en mensehandel.

’n Geïntegreerde benadering is geïdentifiseer as die beste model om die gemeenskap se probleem aan te pak, waarvan ander belanghebbendes soos Nasionale Vervolgingsgesag, Thuthuzela en Lifeline was deel van die dag se program.

“Die doel van die besoek was om ‘n bewustheid te skep oor Mensehandel en die gevare daarvan, aangesien dit reeds in sommige gebiede van die Noord-Kaap Provinsie voorkom. Die gevare van bendes is ook met die leerders bespreek, sprekers van die genoemde departemente het om die beurt hulle in kennis gestel van beskikbare geleenthede, en dat hulle hard moet werk vir ‘n goeie toekoms, aangesien goeie onderwys die enigste wapen is om dit te bereik,” Valke woordvoerder, Kaptein Tebogo Thebe gesê.

Sosiale media is gemerk as ‘n groot bydraende faktor in mensehandel, en ander jong meisies wat gebruik word om hul vriende te werf vir die doel van handeldryf, het die vergadering besluit dat meer oor die onderwerp gedoen moet word vir positiewe resultate om te realiseer.

Bernadine Hearn

Related post