Die gemeenskap in Rooiwal op die Namibiaanse grens kan voortaan spog met ‘n kleurvolle Biblioteek en 3 splinternuwe skootrekenaars.
Die Biblioteek voorsien die gemeenskap met publieke gratis internet toegang.
Kangnas Hernubare Kragbronne in samewerking met Biblioteke Dienste in Namakwa het skouer aan die wiel gesit om die opgradering moontlik te maak.
Die opgradering van ondermeer R40 000 sluit in, kleurvolle verf van vraghouer, 3 nuwe skootrekenaars, 1 nuwe brandblusser, noodhulp kussie, opvoedkundige speelgoed, lugreëling vir die warmte van Rooiwal, addisionele deur met omheining wat die gemeenskap selfs gedurende vakansie tye toegang gee.
Die Biblioteek is tweedoelig en is beide vir die skool sowel as die gemeenskap.
Kinders en die gemeenskap word aangemoedig om die bestaande en nuwe geriewe optimaal benut.
Die loodsing van die opgradering begin môre omstreeks 10 uur in Rooiwal.
Raadslid Susan Cloete en afgevaardiges van Kangnas sal môre diè aangeleentheid bywoon.
Die skenking het ten doel om lees in die Platteland en veral klein dorpies aan te spreek om sodoende ons kinders te bemagtig omte kan lees en klank vaardighede.
“Die Biblioteek ledetal in Rooiwal het aansienlik verbeter, ons is egter bekommerd oor die minimale lidmaatskap in die grondslag fase. ”
Biblioteke Namakwaland spreke hul opregte dank uit teenoor Kangnas vir hierdie Kersfees geskenk aan die gemeenskap van Rooiwal.
“Lees en Biblioteke is die kern van onderwys, en dit bemagtig ons gemeenskappe eindeloos. My wense is dat ons die geskenk sal benut en oppas soos goud, vir ons kinders se onthalwe,” het Bertie “Boekwurm” Saal gesê.
Die samewerking om lees te bevorder is van kardinale belang om ongeletterdheid te beveg.







