Die Kakamas polisie versoek die hulp van die breë gemeenskap om ‘n vermiste 27 jarige man op te spoor.
Kokamo Gortumetswe is vanaf 4 Augustus 2024 vermis en was laas omstreeks 08:00 by ‘n sokkergeleentheid op die plaas Beresekinang in Cillie, Kakamas, laas gesien.
Volgens kaptein Nelis Prins, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het Gortumetswe se vriende geglo hy is oppad terug na sy meisie in Blouputs, Augrabies, maar hy het nooit daar opgedaag nie.
Gortumetswe is 1.64 meter lank, ‘n skraal gebou en praat Engels.
Hy was gesien ‘n ligte blou denim broek, ‘n blou T-hemp en ‘n paar Nike tekkies.
Enigiemand met inligting oor waar hy homself bevind word versoek om adjudant-offisier Johny Basson by die Kakamas-speurders by 076 110 3133 te kontak.
Prins het die publiek daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om ‘n persoon as vermis aan te meld nie.
