Die Noord-Kaapse polisie kon daarin slaag om 261 verdagtes tydens Operasie Shanele vas te trek.
Hulle het onwettige vuurwapens, kontakmisdade – veral moord en verkragting – triomisdade en roof met verswarende omstandighede geteiken.
Gedurende die week lange operasie, het die wetstoepassers ‘n reeks aksies uigevoer wat onder andere, misdaadintelligensiegedrewe operasies, padblokkades, voertuigkontrolepunte, hoësigbaarheidspatrollies, nakomingsinspeksies en stop-en-soek-operasies.
Die fokus van hierdie aksies was op problematiese areas gemik.
Volgens kolonel Cherelle Ehlers, provinsiale polisiewoordvoerder, is altesaam 261 verdagtes aangekeer vir ernstige oortredings, waaronder die onwettige besit van vuurwapens, dwelmverwante misdade, drankmisdrywe, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer (GBH) en huisbraak.
Vanuit diegene wat arresteer was, was daar 91 gesoekte verdagtes wat dit kon regkry om die polisie ontduik.
Parallel met afdwingingsaksies het die Noord-Kaapse polisie ook bewusmakingsveldtogte gehou om prioriteitsmisdade aan te spreek.
Hierdie veldtogte het ‘n verskeidenheid onderwerpe gedek, waaronder bewustheid van seksuele misdrywe, kinders in konflik met die wet en geslagsgebaseerde geweld.
Beamptes het ook skole besoek om soektogte te doen en veiligheid te bevorder.
