Kimberley Suid- Afrikaanse Polisiediens versoek die hulp van die gemeenskap in die opsporing van twee verdagtes wat betrokke was by die gewapende roof wat die 14de Julie 2024 in die noorde van Kimberley plaasgevind het.
Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het die voorval omstreeks 03:30 plaasgevind.
Kock het gesê ‘n 21-jarige man en sy vriend het in Beitstraat in Kimberley geloop toe hulle deur ‘n groep mans gekonfronteer is.
Twee van die aanvallers het na bewering ‘n mes en ‘n vuurwapen uitgehaal en die slagoffer gedreig.
Die slagoffer se vriend kon daarin slaag om te ontsnap, maar die twee mans het die slagoffer van sy selfoon beroof.
Die verdagtes word as medium bou beskryf en hulle het ten tyde van die voorval rooi en geel T-hemde aangehad en Afrikaans gepraat.
Kock het gesê enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om speursersant JR Webb by 079 212 7682 te kontak.
Die ondersoek duur voort.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *