Maandag, 2 Maart 2026, was ’n belangrike dag vir die Namakwa Distriksmunisipaliteit toe die Uitvoerende Burgemeester, raadslid Alinda Beukes, amptelik aan personeel voorgestel is.
Die bekendstelling het aan die Burgemeester die geleentheid gebied om direk met werknemers in gesprek te tree, woorde van bemoediging te deel en haar visie uiteen te sit.
Sy het beklemtoon dat dienslewering, samewerking en aanspreeklikheid kernprioriteite onder haar leierskap sal wees.
Tydens die geleentheid is tydelike personeellede ook formeel aan die organisasie voorgestel.
Personeel het die Uitvoerende Burgemeester hartlik verwelkom en hul verbintenis tot ’n produktiewe en verenigde werksverhouding onder haar leiding bevestig.




