Die LUR vir Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Lebogang Motlhaping, het saam met die Departementshoof, Zolile Monakali, en verskeie departementele amptenare met plaaslike boere het in Upington vergader as deel van die Departement se ZF Mgcawu-distriksprogram.

Die vergadering het as ’n belangrike platform gedien waar boere die geleentheid gehad het om hul bekommernisse te lug, ervarings te deel en voorstelle te maak oor die ontwikkeling van die landbousektor in die distrik.

Tydens die gesprekke is daar gefokus op verskeie uitdagings wat boerderybedrywighede beïnvloed, asook die ondersteuning wat produsente benodig om hul ondernemings volhoubaar te laat groei.

Boere het ook die geleentheid benut om kwessies rakende landbou-ontwikkeling, hulpbronne en samewerking met die Departement te bespreek.

Die doel van die besoek was om direkte terugvoer vanaf die landbougemeenskap te verkry en beter begrip te kry van die uitdagings waarmee produsente daagliks te kampe het.

LUR Motlhaping het die Departement se verbintenis tot die ondersteuning van boere herbevestig en beklemtoon dat responsiewe programme en deurlopende betrokkenheid noodsaaklik is vir die groei van die sektor.

Volgens hom is oop en effektiewe kommunikasie tussen die Departement en boere van kardinale belang om te verseker dat regeringsintervensies die werklike behoeftes van die landbougemeenskap aanspreek.

Hy het boere verder aangemoedig om voort te gaan om aktief met die Departement saam te werk en deel te neem aan konsultasieprosesse.

Deur gesamentlike samewerking, het hy gesê, kan nuwe geleenthede vir groei, volhoubaarheid en landbou-ontwikkeling regoor die ZF Mgcawu-distrik ontsluit word.

Die besoek vorm deel van die Departement se voortgesette pogings om sterker vennootskappe met landbourolspelers te bou en die sektor se bydrae tot ekonomiese ontwikkeling en voedselsekerheid in die streek te versterk.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *