’n Gesin op Ritchie in die Noord-Kaap hoop dat die lewenslange vonnis wat opgelê is aan ’n 36-jarige man wat hul 80-jarige familielid verkrag het, as afskrikmiddel sal dien.
Sizwe Ntwane is deur die streekhof in Kimberley tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting, aanranding en huisbraak.
Bewyse wat in die hof na vore gekom het toon dat die veroordeelde verkragter ná die verkragting oornag het by die slagoffer se huis.
Adelaid Mahou wat die niggie van die bejaarde vrou is, sê sy is verlig dat Ntwane tyd agter tralies gaan deurbring vir sy gruwelike misdaad.
“Vir my is dit goed, elke persoon wat iemand verkrag, verdien lewenslange tronkstraf, want daardie persoon moet vir die res van haar lewe daarmee saamleef. Sedertdien voel sy nie te goed nie. Sy is op pynstillers en salf vir die bene, soms sluit sy net af en praat nie.”
