Duo gevonnis vir moord en roof

 Duo gevonnis vir moord en roof

https://www.townshipnews.co.za/wp-content/uploads/2021/10/13303695_web1_000000-TUK-court-gavel-tsr.jpg

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het op 2022-04-21 ‘n stewige vonnis aan Rumaco De Koker en Mpambaniso Sibabalo opgelê vir roof met verswarende omstandighede en moord.

Op 2021-08-15 is ‘n saak van roof en moord deur die polisie in Rosedale aanhangig gemaak ná die ontdekking van die liggaam van ‘n manspersoon wat naby Jurgenskamp in Rosedale gevind is.

Die vermeende oortreders het die oorledene van R15.00 en ‘n brood beroof.

Hy is toe tydens die struweling in die nek gesteek en het daarna aan sy besering beswyk.

“Die ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van die twee verdagtes twee dae later en hulle is van roof en moord aangekla. Hulle is albei tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir roof en John De Koker is verder tot 22 jaar gevonnis vir moord wat samelopend uitgedien sal word,” het Sersant Omphile Masegela, woorvoerder vir die polisie gesê.

Die SAPD in Rosedale het hierdie vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte, Sersant Joey Visage is deur die bestuur toegejuig vir ‘n goeie werk. 

Bernadine Hearn

Related post