Radio Nfm het gister uitgereik na Poffader en Pella Gemeenskappe.

Pella is ook die geboorte plek van Dewald Rooi die Hamba khaya program aanbieder en ook voormalige aanbieder Simon Jobs en Tessa Raman wat self kom gesig wys het.

Die formidabele span van Radio Nfm het die vreeslike hittegolf weerstaan en deurgedruk tot die einde.

Dit was ‘n warm maar pretdag vir die aanbieders wat hul innerlikke kind  navore kon bring op die swaaie, en geklouter het op die sylplanke.

Marceleno Mcdonald het die sylplank deel gemaak van die Buite-lug ateljee terwyl Immelda Coetzee en Bernadine Hearn op die swaaie hul geniet het.

Die goeie nuus is oorgedra aan die Pofader luisteraars by die luister flink kleuter skool waar Ouma Anna Booysen die Voorsitter is.

Booysen het ook genoem dat Vedanta Zinc International ‘n nuwe gebou vir Luister Flink Kleuterskool gaan bou en het ook gebruik gemaak van die geleentheid om Vedanta te bedank wat altyd bereid is om te help waar hulle kan, sy het ook die burgermeester hartlik bedank.

Die Span Omroepers was ook deur die Burgemeester Estelle Cloete verwelkom.

Op haar beurt het die Burgemeester Vedanta Zinc International bedank vir ‘n Helpende hand wat dit moontlik gemaak het dat die Khai Ma distrik se sein uiteindelik versterk gaan word.

Khai Ma Luisteraars is opgewonde en selfs een Mr Who van Pella se gesig het gestraal van blydskap

“Ek is so bly dat ons nou ons eie draadloos gaan kry julle moet net die ding ‘n slag op DSTV kry.

Die operasie Khai Ma gaan vroeg volgende jaar 2023 geskied.

Pofader, Pella, Onseepkans en ander omliggende Plase  kan dan op die Frekwensie 98.7 inskakel.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *