President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op staatsamptenare gedoen om die mense van Suid-Afrika met liefde, waardigheid, respek te dien en nie hul regte te skend terwyl die land Menseregtedag vier nie.

Die president het gepraat tydens ‘n Menseregtedag-herdenkingsgeleentheid in De Aar, Noord-Kaap.

Vanjaar se herdenking is gehou onder die tema: “Consolidating and Sustaining Human Rights Culture into the Future”.

Die geskiedenis van Menseregtedag is gegrond op die Sharpeville-slagting wat op 21 Maart 1960 plaasgevind het, waar apartheidspolisie 69 anti-apartheidbetogers vermoor het.

Die President het aan die gemeenskap van De Aar gesê dat die regering bewus is van die gebrek aan dienslewering veral in munisipaliteite en dat die kwessies regstel sal word.

“Ons weet dat mense wat in munisipaliteite werk lui is en die geld wat vir projekte opsy gesit is, steel. Ons is bewus daarvan en ons sê as regering sal ons die probleem regstel. Diegene wat die geld steel, ons sal sorg dat hulle gearresteer word.

“Dié wat nie bereid is om te werk en die mense te dien nie, ons sê hulle moet gaan. Al ons mense moet goed bedien word. Ek wil hê almal wat in die regering werk, moet weet dat wanneer ons nie ons werk doen nie, ons menseregte van ons mense skend,” het die president gesê.

Die President het erken dat die verskaffing van basiese dienste in sommige munisipaliteite onbetroubaar is. Hy het gesê daar is tye wanneer water nie voorsien word nie of van swak gehalte is, of waar vullis nie verwyder word nie.

“Die versuim om konsekwent voldoende dienste te verskaf is ‘n menseregtekwessie. Daarom werk ons daaraan om die funksionering van plaaslike regering, wat die grootste verantwoordelikheid vir die verskaffing van hierdie dienste dra, te verbeter.

“Deur veranderinge aan wetgewing en ondersteuningsprogramme werk ons daaraan om die kapasiteit van openbare verteenwoordigers en amptenare te verbeter en meer hulpbronne daar te stel om na die instandhouding en opgradering van plaaslike infrastruktuur om te sien,” het die president gesê.

Die regering het onlangs weer bekendgestel die ‘Green Drop’ en ‘Blue Drop’ verslae, wat die stand van watervoorsiening in munisipaliteite regoor die land uiteensit.

Op grond van hierdie verslae het die President onderneem omin te gryp om die probleme op te los.

Hy het bygevoeg dat daar ook ‘n aantal waterinfrastruktuurprojekte aan die gang is om die sekerheid van watervoorsiening na sleutelgebiede regoor die land te verbeter.

Misdaad ‘n direkte skending van regte

President Ramaphosa het beklemtoon dat die regte op menswaardigheid, vryheid en veiligheid van die belangrikste kwessies is waaraan ons as ‘n nasie aandag moet gee as ons ons menseregtekultuur in die toekoms wil handhaaf.

Hy het gesê dat die hoë vlakke van geweldsmisdaad, insluitend misdaad teen vroue en kinders, ‘n direkte en brutale skending van hierdie fundamentele regte is.

Hy het genoem dat gemeenskappe met die polisie werk deurmiddel van  gemeenskapspolisiëringsforums.

Burgerlike organisasies werk ook saam met die regering om die Nasionale Strategiese Plan oor Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoorde te implementeer.

Besighede werk saam met wetstoepassingsagentskappe en maatskappye in staatsbesit om skade aan ekonomiese infrastruktuur aan te pak.

“Namate ons die teenwoordigheid en sigbaarheid van die polisie verhoog, soos ons die Nasionale Vervolgingsgesag versterk en die werking van ons howe verbeter, moet ons almal in die samelewing mobiliseer as deel van ‘n nasionale poging om geweldsmisdaad te beëindig.

“Ons kan nie daarop aanspraak maak dat ons ‘n land is wat menseregte respekteer as ons nie alles in ons vermoë en binne ons hulpbronne doen om te verseker dat alle Suid-Afrikaners toegang tot grond, behuising, kos, water, gesondheidsorg en onderwys het nie,” het die president gesê.

Die President het bygevoeg dat daar geen twyfel kan wees dat die regering baie bereik het om die regte van alle Suid-Afrikaners te verseker nie. Almal weet egter uit daaglikse ervaring dat ons baie meer moet doen.

“Laat ons op hierdie Menseregtedag ons vasbeslotenheid bevestig om die regte te verwesenlik van al die mense wat in hierdie land woon.

“Deur dit te doen, sal ons uitvoering gee aan die belofte van ons demokratiese Grondwet, en ons sal die grootste hulde bring aan die visioenêre leiers wat honderd jaar gelede die eerste Suid-Afrikaanse handves van regte geskryf het,” het die president gesê. –

SAnews.gov.za

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *