Adjunkpresident David Mabuza lei vandag Wêreld-TB-dag in die Noord-Kaap

 Adjunkpresident David Mabuza lei vandag Wêreld-TB-dag in die Noord-Kaap

Foto: Verskaf @Adjunkpresident David Mabuza, Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale VIGS-raad (SANAC)

Die stryd teen TB en MIV/VIGS sal vereis dat daar sterk sosiale ooreenkomste met verskillende sektore in die Noord-Kaap provinsie gebou moet word.

In ‘n poging om hierdie betrekkinge te versterk, het die Adjunkpresident, David Mabuza het gister ‘n afvaardiging van die regering en die privaatsektor gelei, wat tradisionele leiers, genesers en die geloofsgebaseerde sektor betrek het om hulle te laat saamwerk met die regering, in pogings om lewens te red.

Tydens hierdie interaksie het die provinsiale regering onder leiding van die premier, Dr. Zamani Saul, ‘n belofte onderteken om te verseker dat 25 000 mense vir TB en vir MIV/VIGS getoets sal word en binne die volgende drie maande op behandeling geplaas sal word.

In sy insette het die Adjunkpresident ‘n duidelike oproep aan die verskillende sektore gedoen om saam met die regering te werk om te verseker dat gemeenskappe uitgaan om vir TB en vir MIV/VIGS getoets te word en die COVID-19-entstof te kry.

Daar is ooreengekom op ‘n duidelike pad vorentoe en daar sal  verseker word dat die Noord-Kaap sal voortleef in ’n TB-vrye samelewing.

Adjunkpresident David Mabuza sal in sy hoedanigheid as die Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale VIGS-raad (SANAC) die amptelike herdenking van Wêreld-TB-dag vandag in Barkley-Wes lei.

Bernadine Hearn

Related post