Warrenton-verkragter word gestraf met tien jaar agter tralies

 Warrenton-verkragter word gestraf met tien jaar agter tralies

Foto: Verskaf @D/Sgt AU Nhlati

Ezekiel Moseki is op Woensdag 23 Maart 2022, in die Warrenton-streekhof tot tien jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 32-jarige vrou.

‘n Woorvoerder vir die polisie, Luitenant-Kolonel Sergio Kock het bevestig dat die slagoffer op die middag van 19 Maart 2020 oppad was om ‘n vriend te besoek toe sy die oortreder raakgeloop het.

Hy het haar ‘n alkoholiese verversing aangebied, en haar gevra om hom na sy huis in die Ikhutseng- omgewing te vergesel.

“By die huis het die beskuldigde die slagoffer aangerand toe sy wou loop en haar later verkrag. Die slagoffer het die saak by die bure aangemeld, en Moseki is op 22 September 2020 in hegtenis geneem,” het Kock gesê.

Die polisie het borgtog teengestaan en die beskuldigde het in aanhouding gebly tot en met sy vonnisoplegging vroeër hierdie week.

Bernadine Hearn

Related post