Die Noord-Kaapse departement van onderwys het die 10 000 meisie-leerders Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese, Wiskunde en Innovasie (STEMI)-projek by die Kimberley Girls High School van stapel gestuur.
Die fokus is op graad 9-meisie-leerders wat by die Wiskunde-, Wetenskap- en Tegnologieskole is, deur hierdie bekendstelling word leerders aangemoedig om Wiskunde en Natuur- en Skeikunde as hul keusevak te neem.
Die vier (4) dae lange projek sal nie net ‘n platform aan die meisies bied om hul Wiskunde-vaardighede ten toon te stel nie, maar hulle ook blootstel aan boeiende loopbaanvooruitsigte ten opsigte van Wiskunde en Wetenskap-velde.







