Chris Griffith het sy bedanking by die Indiese maatskappy Vedanta bevestig, waar hy in 2023 aangestel is om die base metals-afdeling te lei.

MiningMX het berig dat hy nie redes vir sy bedanking wou gee nie, maar berigte dui daarop dat hy reeds vroeër sy voorneme uitgespreek het om die Vedanta-groep te verlaat.

Hy was verantwoordelik vir internasionale sink- en koperbedrywighede, insluitend die Konkola Copper Mines in Zambië.

Voor Vedanta was hy ook die uitvoerende hoof by Gold Fields en Anglo American Platinum.

NFM Nuus wag op antwoord van ‘n navraag aan die myn.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *