Leerders van Graad 9 het Dinsdag, 28 April 2026 die leiding geneem tydens hul  skoolbyeenkoms by Hoërskool Concordia, waar ’n boodskap van geloof, selfvertroue en eenheid gedeel is.

Klasopvoeder Mnr. Denzil Jonas het die Woord bedien uit Boek van Josua 1:5.

Hy het beklemtoon dat elke leerder ’n gesonde en positiewe selfbeeld moet ontwikkel en hul eie waarde moet besef.

Volgens hom gee die Skrifgedeelte die versekering dat die Here altyd teenwoordig is, wat leerders aanmoedig om uitdagings met groter selfvertroue aan te pak.

Hy het ook die belangrikheid van wedersydse ondersteuning en opbou onder leerders beklemtoon.

Die VRL het verder inligting gedeel oor Vryheidsdag, wat jaarliks op 27 April herdenk word.

Leerders is ingelig oor die simboliek van die kleure in die landsvlag, asook die waarde van eenheid, hoop en samewerking in die bou van ’n beter toekoms.

Die byeenkoms is afgesluit met ’n boodskap van geloof en samehorigheid, met die aanmoediging dat leerders elke dag met moed en selfvertroue moet aanpak.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *