Hoërskool Concordia is besonder trots op hul skaakspelers Kate-Lynn van Rooi, Alvirno Cardinal en Dwayne Saal, wat die afgelope naweek aan die Northern Cape (NC) Closed Championship in Kathu deelgeneem het.
’n Spesiale gelukwensing gaan aan Kate-Lynn van Rooi, wat gekwalifiseer het om van 13 tot 19 Desember aan die Nasionale Skaakkampioenskap in Bloemfontein deel te neem.
Van Rooi is een van slegs twee o.18-dogters uit Namakwa wat vir die nasionale kampioenskap gekwalifiseer het.
In totaal het 21 spelers van regoor die Namakwa-distrik hul plekke by dié nasionale byeenkoms bespreek, ’n besondere prestasie vir Namakwa-skaak.
“Ons opregte dank gaan ook aan juffrou September van Namakwa Skaak, wat ons leerders na Kathu vergesel en gedurende die kampioenskap ondersteun het,” het die skool gesê.




