Hoërskool Namakwaland is trots op sy Graad 11-leerders wat aan MentorVennoot SNAP-SPEL 2026 deelgeneem het.

Tydens die Katsjiengville™ Restaurant-simulasie moes leerders soos entrepreneurs dink, strategiese besluite neem en die finansiële gevolge daarvan bestuur.

Die praktiese besigheidsimulasie is gebaseer op die werklikhede van ondernemingsbestuur.

Die skool het die derde hoogste skooltotaal in die geskiedenis van die uitdaging behaal, teenoor 94 ander skole wat reeds deelgeneem het.

Dit beklemtoon die leerders se sterk entrepreneursvaardighede, spanwerk en vermoë om onder druk strategiese besluite te neem.

Die wenspan, Groep 2 – Low Price Lane, het die beste prestasie van die drie skoolspanne gelewer.

Die span het bestaan uit Mené Louw, Ané van Niekerk, Elaine Roelf, Zevinio Swartz, Cadè Adonis, Peyton van der Heever, Anchen Field, Mitania Goedeman en Lakhin Bezuidenhout.

Low Price Lane het ook ’n besonderse prestasie behaal deur die 38ste hoogste groeptotaal in die geskiedenis van die simulasie aan te teken, gemeet teen 352 ander groepe, waaronder skole, universiteite en ondernemings.

Groep 1 het bestaan uit Leshandrè van Wyk, Jo-Ann Newman, Tumelo Moleli, Siyabulela Ngwevela, Devantè Richards, Auren Fischer, Jozetta Basson en Matthew Harvey.

Groep 3 se deelnemers was Chioma Ehiamen, Mia Cloete, Shiloh Fielding, Shemondry Cloete, Tamarin van Wyk, Lekeesha Cloete, Peter-Jean Fortuin, Juan Uys, Ruwiena Booyes en Nayokah Saal.

Die skool het al die deelnemers gelukgewens met hul uitstekende prestasies.

Volgens die skool het die leerders se harde werk, entrepreneurskap, spanwerk en deursettingsvermoë tot hierdie merkwaardige uitslae bygedra.

Die prestasie is ’n bron van trots vir Hoërskool Namakwaland en beklemtoon die waarde van praktiese leergeleenthede wat jongmense voorberei vir die uitdagings en geleenthede van die sakewêreld.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *