Matriekleerders van Hoërskool Namakwaland se Motorkunde-klas het onlangs waardevolle praktiese ervaring by Super Quick opgedoen.

 Die leerders het die geleentheid gekry om meer oor wielsporing te leer en praktiese kennis van die motorbedryf op te doen.

Die skool het die Super Quick-span bedank vir hul professionele ondersteuning, kundigheid en bereidwilligheid om die leerders aan die werksomgewing bloot te stel.

Sulke praktiese geleenthede help om tegniese vaardighede te ontwikkel en leerders vir toekomstige loopbane voor te berei.

Die skool het ook waardering uitgespreek vir die gratis koeldrank wat aan die leerders verskaf is.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *