Die Khâi-Ma Munisipaliteit wil inwoners ernstig waarsku teen onwettige aktiwiteite wat Saterdag in Pofadder plaasgevind het.

Onbekende individue het deur die dorp beweeg en hulle valslik as werknemers van die munisipaliteit voorgestel

Hierdie bedrieërs het geld van inwoners probeer insamel deur te beweer dat hulle betalings vir munisipale dienste of geleenthede inkasseer.

Die munisipaliteit wil klem lê daarop dat hulle nooit geld by inwoners se huise of besighede sal inkasseer nie.

Alle betalings moet via die toepaslike kanale soos die munisipaliteit se bank of munisipale kantore gedoen word.

Die munisipaliteit vra die inwoners om teen alle tye waaksaam te wees en kontak met die polisie te maak.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content