Die LUR vir COGHSTA in die Noord-Kaap, mnr. Bentley Vass, het drie van die provinsie se distriksmunisipaliteite gelukgewens nadat hulle tydens die 2025 Nasionale Goeie Bestuurstoekennings bekroon is.

Die plegtige gala-geleentheid het op Donderdag, 2 Oktober 2025, plaasgevind aan die kantlyn van die Plaaslike Regering Indaba in Johannesburg, Gauteng.

Die Namakwa- en Frances Baard-distriksmunisipaliteite is vereer vir hul uitstaande prestasie deur skoon oudits vir die 2023/2024 finansiële jaar te behaal.

Die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit het erkenning ontvang vir die suksesvolle besteding van 100% van sy voorwaardelike toelaes, terwyl Frances Baard ’n tweede toekenning ingepalm het vir tien agtereenvolgende jare se befondsde begrotings.

LUR Vass het die drie munisipaliteite geloof vir hul voorbeeldige leierskap en finansiële dissipline:

“Hierdie toekennings is ’n bewys van u onwrikbare toewyding aan goeie bestuur, deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Dit verseker dat openbare fondse optimaal aangewend word tot voordeel van ons gemeenskappe.”

Hy het verder gesê dat hierdie prestasies ’n inspirasie behoort te wees vir alle munisipaliteite in die provinsie.

Die gala-dinee is aangebied deur die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, mnr. Velenkosini Hlabisa, en bygewoon deur LUR’e van regoor die land en ander

.  

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *