Die provinsiale kommissaris vir die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, vergesel deur polisie bestuur het meer as 30 nuwe polisievoertuie oorhandig aan polisiekantore, speureenhede en gespesialiseerde eenhede regoor die provinsie.
Die oorhandiging van die voertuie was vandag in Kimberley gehou is, sal polisie-operasies versterk en help met die doeltreffende ondersoek van misdaad in die vyf distrikte regoor die provinsie.
“Altesaam 18 Isuzu 4×4 bakkies en 9 Isuzu 4×2 dubbelkajuitbakkies geskik vir die werkende terrein van die provinsie is oorhandig. Speureenhede wat nuwe toekennings ontvang het, sluit in Carnarvon, Danielskuil, Niekerkshoop, Phillipstown, Prieska, Vosburg, Warrenton, Kathu, Augrabies, Kleinzee, Komaggas en Tsineng,” het Noord- Kaapse polsiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.
Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenhede van Kimberley, Upington, Springbok en De Aar asook K9, die Kimberley Mounted-eenheid en Soek-en-reddingseenhede het ook dubbelkajuitbakkies ontvang.