Die SAPD-bestuur verwelkom die 17 jaar tronkstraf wat onlangs in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley aan Harris Samson opgelê is.

Op 6 April 2022 omstreeks 21:00 is Natasha Goeieman wreed deur haar lewensmaat, Harris Samson in Strydenburg vermoor.

Luitenant Kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder het in ‘n verklaring gesê dat die beskuldigde het die slagoffer gruwelik met ‘n fietsketting en ‘n graaf aangerand wat tot haar dood gelei het.

“Natasha Goeieman (27) is op die toneel dood en die beskuldigde het gevlug, maar die polisie het hom drie dae later in hegtenis geneem. Harris Samson (28) het in aanhouding gebly tot sy vonnis tot 17 jaar direkte gevangenisstraf op 15 November 2022,” het Kock gesê.

Die distrikskommissaris vir Pixley Ka Seme, Generaal-Majoor Nomana Adonis het Adjudant-Offisier Francisco Naude en konstabel Ingrid Lephoi geloof vir hul noukeurige ondersoek van die saak.

Hierdie vonnisoplegging sal ‘n sterk boodskap oordra dat geen straffeloosheid aan oortreders van GBVF toegestaan sal word nie, aangesien dit een van die prioriteite van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bly.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content