Die multidissiplinêre operasie Phakisa het oor die Paasnaweek vanaf 06 tot 10 April 2023 in Port Nolloth, Kleinsee, Groenrivier, Alexanderbaai en Hondeklipbaai plaasgevind.

Die fokusarea wat hierdie kwartaal aangespreek is, het onwettige aktiwiteite met betrekking tot mariene verwante misdade ingesluit deur streng nakoming van die voorgeskrewe visvangregulasies te monitor en te verseker.

“Gedurende hierdie tydperk is die publiek gemagtig om aan ontspanningshengel deel te neem wat hulle toelaat om ‘n voorgeskrewe hoeveelheid visbronne te besit en te vervoer wat mossels, limpets, oesters, ens. insluit, ‘n maksimum van vier Weskuskreefvisse (kreef) per permit is toegelaat,” het polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.

Tweedens, om die oes en stropery van mariene hulpbronne te voorkom, insluitend die peuter van belangrike infrastruktuur wat aansienlike ekonomiese verliese tot gevolg het en laastens;

Om die wet af te dwing op enige ander misdadigheid wat gedurende hierdie tydperk plaasvind.

Die multidissiplinêre operasies is uitgevoer onder die algehele bevel van kolonel Kholakele Sontsi, die provinsiale bevelvoerder vir polisie- (POP) en taktiese reaksiespan (TRT)-eenhede.

Sam sê dit was ondersteun deur mnr Thulani Mthombeni van die departement van bosbou, visserye en die omgewing asook mnr Errol Swartbooi van die Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Hulle was bygestaan deur die Taktiese Bevelvoerder, Kaptein James Peters wat aktief aan die beplande aksies deelgeneem het.

Spanne van verskillende departemente en entiteite, insluitend die departement van water en sanitasie, die SAID se doeane-eenheid en SANParke het die ontwrigtende aksies uitgevoer.

Aksies en aktiwiteite wat tydens die aanvang van die bedrywighede uitgevoer is, sluit in nakomingsinspeksies, voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop en deursoekings, voetpatrollies langs die kusgebiede en klopjagte by geïdentifiseerde huise vir onwettige dwelms en ander kommoditeitsmokkelary.

Nege (09) voertuigkontrolepunte is op die Port Nolloth / Alexanderbaai-pad en die Port Nolloth / Kleinzee-pad uitgevoer waartydens 214 voertuie en 504 persone gestop en deursoek was.

‘n Aantal operasionele suksesse is behaal:

110 visvangpermitte is geïnspekteer by hawens, kampeerterreine en lanseerplekke wat deur die multidissiplinêre wetstoepassers besoek is, waarvoor boetes ter waarde van R18 000 uitgereik is vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne sowel as die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur.

‘n Aantal padverkeersoortredings boetes ter waarde van R5 300 is ook uitgereik.

Die multidissiplinêre span het ook dagga en Tik ter waarde van R4 808 en R1 020 kontant op beslag gelê wat glo die opbrengs van misdaad is.

“Drie verdagtes is in hegtenis geneem vir die handel in dwelms en sal binnekort in die Kleinsee- en Port Nolloth-landdroshowe onderskeidelik verskyn. Daar is ook beslag gelê op Mullet- en Weskuskreefvisse ter waarde van R2 500,” het Sam gesê.

Die provinsiale bevelvoerder van POP- en TRT-eenhede, kolonel Kholakele Sontsi het alle lede en belanghebbendes wat betrokke was by die beskerming van die mariene hulpbronne en omgewing bedank.

Hy het sy waardering uitgespreek teenoor die publiek (toeriste en of kampeerders) wat ten volle met die inspekterende wetstoepassingsbeamptes saamgewerk het.

Sam sê dat hy het ook diegene wat van voorneme is om die wet te oortree, gewaarsku om te weerhou om met noodsaaklike infrastruktuur te peuter, aangesien naamborde en kennisgewingborde wat by die kusterreine opgerig is, verwyder of gevandaliseer is.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *