Die Namakwa- Distrik munisipaliteit het erkenning gegee aan die uitstekende werk wat die Gift of the Givers stigting, in samewerking met die departement van Sport, Kuns en Kultuur, die Kantoor van die Uitvoerende Burgermeester en ABSA, in die streek verrig het.

Die rolspelers het voortgegaan om voedselpakkies en water aan die gemeenskapslede van Rooifontein, Tweerivier, Spoegrivier, Nourivier en Kammasies uit te deel.

Hierdie liefdadigheidsaksie was ‘n onmisbare steun gewees vir die mense in hierdie gebiede, veral gedurende die uitdagende tye wat hulle in die gedig staar.

Die geskenk van voedsel en water het nie net die liggaamlikke behoeftes van die mense vervul nie, maar dit het ook getoon dat omgee en ondersteuning nog steeds bestaan.

“Ons is opreg dankbaar vir die toewyding en omgee van die Gift of the Givers-stigting, die departement Sport, Kuns en Kultuur en Absa, wat nie net die gemeenskappe help nie, maar ook ‘n voorbeeld stel van medemenslikheid en samewerking”, lui die verklaring.

Laat ons voortgaan om mekaar by te staan en saam te werk aan ‘n beter en sterker gemeenskap.

Saam kan ons nog baie groot dinge bereik!

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *