Die Namakwa Distriksmunisipaliteit is opgewonde om aan te kondig dat die Beleggingskonferensie weer op dreef is.

Na ‘n kort vertraging is hulle meer vasbeslote as ooit om Namakwa se ekonomiese groei na nuwe hoogtes te neem en ‘n platform te bied vir beleggers om hul belangstelling in die dinamiese distrik uit te spreek.

Die Nuwe datums is 20 en 21 November 2023. Hierdie twee dae beloof om gevul te wees met waardevolle insigte, netwerkgeleenthede en opwindende besprekings.

“Hierdie jaar sal die konferensie ten volle toeganklik wees vir ‘n wêreldwye gehoor. Ons neem die geleentheid virtueel, sodat almal vanuit die gemak van hul huise of kantore kan kyk en inluister,” het die uitvoerende burgemeester mnr. Mervin Cloete gesê.

“Namakwa, die nuwe beleggingsgrens vir SAOG.”

Sluit by aan by die distriksmunisipaliteit terwyl hul die ongelooflike potensiaal en geleenthede wat Namakwa bied ten toon stel.

“Ons sien uit na u deelname aan die vorming van die toekoms van ons distrik se ekonomiese landskap. Bly ingeskakel vir meer besonderhede, insluitend die geleentheid se agenda en registrasie inligting. Saam sal ons Namakwa se onontginde potensiaal ontsluit en ‘n beter toekoms vir almal skep,” het Cloete afgesluit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *