Dit is met groot hartseer dat ons die noodlottige verlies van Hesty-Ann Green betreur.
Die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester het ‘n belangrike inisiatief gereël om ‘n wandeloptog teen geslagsgebaseerde geweld (GBV) in Brandvlei te hou.
Die wandeloptog sal begin by die Brandvlei-polisiestasie en eindig op die plek waar hierdie pragtige siel verlore is.
Die Uitvoerende Burgemeester, Raadslid Mervin Cloete sal ‘n boodskap van ondersteuning lewer en ‘n candle-light service lei.
Alle gemeenskapslede, die publiek, burgerlike samelewingsorganisasies en staatsdepartemente word genooi om deel te neem.
Ons het ‘n drieledige program opgestel om hierdie tragiese gebeurtenis aan te spreek.
Op Maandagoggend sal die Uitvoerende Burgemeester die familie besoek, daarna die GBV-wandeloptog lei, en op die 17de die skool besoek waar sy vanjaar graad 12 sou voltooi het.
Die hele Namakwa-streek is bedroef deur hierdie nuus.
Mag ons saamstaan en ‘n boodskap van eenheid en steun vir ons gemeenskap uitdra.
Laat ons saam die stryd teen geslagsgebaseerde geweld aangaan en ‘n omgewing van veiligheid en respek vir almal skep.
Saam is ons sterk.
