Die gemeenskap van Namakwaland herleef hierdie maand die pyn van ’n verhaal wat nog steeds sonder antwoorde staan. Shakira Links, ’n 20-jarige jong ma van Bergsig, is in November 2019 dood in haar huis aangetref terwyl haar eenjarige seuntjie in die kamer was. Wat destyds as ’n “onbevestigde moord” aangemeld is, het die ondersoek vertraag — en ses jaar later het die stilte oor haar dood net die vrae laat groei.

Vandag, in die maand van GGB-bewusmaking, steek inwoners weer die vlam van herinnering aan. Verskeie video’s en boodskappe op sosiale media deel haar storie opnuut, met die hitsmerk #JusticeForShakira, in die hoop dat die waarheid uiteindelik na vore sal kom.

Familie, vriende en die breër gemeenskap sê die seer het nooit verdwyn nie. Hulle vra dat Shakira se naam nie uitvee word deur jare van stilte nie, maar eerder as ’n roepstem dien teen geweld teen vroue en kinders — en as herinnering dat elke onopgeloste verhaal ’n gemeenskap in rou laat.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *