Operasie Shanela, se weeklikse multidissiplinêre hoëdigtheidsoperasie wat oor die provisie uitgevoer is, het Woensdag 15 Augustus 2024 begin en op Sondag 18 April 2024 afgesluit met die fokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in misdaadbrandpunte in die vyf distrikte.
Die polisie het in samewerking met relevante rolspelers talle aksies uitgevoer, onder andere; voertuigkontrolepunte, stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, smokkel van dwelms en ander kommoditeite.

Voertuigkontrolepunte en padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 2 853 voertuie en 5 320 persone voorgekeer en deursoek is.
Die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga asook distrikskommissarisse het die spanne op die grond gelei.
Talle nakomingsinspeksies aan tweedehandse handelaars, skrootwerwe, herwinners, privaat sekuriteit, vuurwapenhandelaars, formele en informele besighede, plase en myne is ook besoek.
“217 Verdagtes is aangekeer en in hegtenis geneem vir ‘n verskeidenheid misdrywe soos moord, poging tot moord, verkragtingsroof, aanranding, huisbraak, kwaadwillige saakbeskadiging, handel en besit van dwelms, onwettige mynbou, besit van vervalste goedere, besit van vermoedelik gesteelde vee, ongedokumenteerde onwettige immigrante, besit van edelmetale asook onwettige handel in drank wat gelei het tot die sluiting van 10 drankwinkels,”” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant kolonel Sergio Kock gesê.
Speurders in die distrikte Frances Baard, Namakwa, ZF Mgcawu, JTG en Pixley Ka Seme het altesaam 287 gesoekte verdagtes tydens opsporingsoperasies in hegtenis geneem omdat hulle hofverskynings ontduik en hofbevele oortree het.

Kock het gesê dat daar is beslag gelê op groot hoeveelhede alkoholiese drank en nie -ysterhoudende metaalitems, sowel as groot hoeveelhede dwelms en kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmhandel tydens verskillende aanvalle op verskillende plekke is.
Die waarnemende provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, het aangedui dat die sukses van Operasie Shanela te danke is aan die ondersteuning van verskeie gemeenskappe en die multidissiplinêre benadering met verskeie rolspelers en ons sal onverpoosd voortgaan om enige onwettige optrede te bekamp en spesiale sorg aan slagoffers van GGGV te verseker.
