EPWP is ’n program wat oorspronklik in die jaar 2004 geloods was, om werkloosheid en armoede onmiddelik aan te spreek, deur middel van werkskepping en vaardigheidsontwikkeling.

Die program het oor die jare baie gegroei en verder ook arbeidintensiewe tegnologie gebruik vir die instandhouding van infrastruktuur.
Sewe lede van die gemeenskap van Okiep was op, 20 Februarie 2023 aangestel en het die volgende dag amptelik aan die werk gespring.
Die span is baie opgewonde om deel te wees van die program tot en met die einde van Maart 2023.

Een van die sewe het kortliks sy opgewondenheid met die draadloos gedeel en gesê dat hy gespring het vir die werksgeleentheid, die oomblik toe hy daarvan te wete kom.
Hy het ook jeugdiges aangemoedig om hulself te bemagtig en besig te hou, om van die strate af te bly.

Werkloosheid en armoede is ewigdurende kwessies regoor die wêreld en programme soos die EPWP-program; geloods deur die Suid-Afrikaanse regering, gee gemeenskapslede die gevoel van ’n lig aan die einde van ’n baie donker tonnel van werkloosheid, armoede en ’n gebrek aan geleenthede.

 

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *