’n 38-JARIGE man, Mervin Cloete, is onlangs ná ’n lang ondersoek tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir ’n verkragting wat in Okiep gepleeg is.

Volgens die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het die voorval op 11 Desember 2010 omstreeks 23:00 plaasgevind.

Die 30-jarige vroulike slagoffer het ná ‘n sosiale byeenkoms by ‘n vriendin se huis geslaap toe sy wakker geword het en gevind het dat haar onderklere en broek oopgesny is, en sy het besef dat sy verkrag is.

Die saak is by die polisie aangemeld en ná ’n uitgebreide ondersoek is die verdagte in April 2023 geïdentifiseer en gearresteer.

Cloete is in die Springbok-streekhof skuldig bevind en op 16 November 2024 tot 15 jaar gevangenisstraf vir sy misdaad gevonnis.

Die provinsiale kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, het speur-adjudant offisier Anthea Cloete-Landrew van die Springbok-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir haar “onverbiddelike agtervolging” tydens die ondersoek, wat verseker het dat die oortreder het vir hierdie gruwelike misdaad betaal.

“Geen steen sal onaangeroer gelaat word terwyl ons die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders nader nie,” het luitenant-generaal Otola gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *