Die JF “Boeboe” Van Wyk Onkologiesentrum by die Dr. Van Niekerk-hospitaal in Springbok is nou amptelik operasioneel en sal vanaf vandag, 1 Julie, sy eerste kankerpasiënte ontvang.

Die opening van die sentrum is nog ‘n verbintenis wat nagekom is ingevolge die Begrotingspos 10-doelwitte vir 2026.

Volgens die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid is die nuwe sentrum daarop gemik om gespesialiseerde onkologiedienste nader aan inwoners van die Namakwa-distrik en omliggende gebiede te bring.

Dr. Osei-Fofie, hoof van die Onkologie-eenheid, en die distriksdirekteur, mnr. Grootboom, was saam met die onkologie-apteekspan en verpleegpersoneel op die perseel om die finale voorbereidings te tref voordat die eerste pasiënte verwelkom word.

Die departement sê die ingebruikneming van die sentrum is ‘n belangrike stap om toegang tot kankerbehandeling te verbeter en die behoefte vir pasiënte om lang afstande af te lê vir onkologiedienste te verminder.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *