Hoëdigtheid-operasies onder die vaandel van Operasie Shanela is die afgelope week regoor die provinsie uitgevoer om trio-misdade, kontakmisdade, dwelm- en alkoholverwante misdrywe en eiendmsverwante misdade aan te spreek.
Kolonel Cherelle Ehlers, Noord- Kaapse polisiewoordevoerder het bevestig dat die multidissiplinêre spanne in al vyf distrikte gesamentlik 292 misdadigers opgespoor het, waarvan 116 gesoekte verdagtes is wat deur speurders in hegtenis geneem is tydens opsporingsoperasies.
Die verdagtes is gesoek in verband met moord, verkragting en aanranding.
Verdagtes is gearresteer vir die pleging van ernstige misdade, insluitend die besit van gevaarlike wapens, aanranding, handel in dwelms, onwettige handel in drank, roof verswarende, poging tot moord, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging.
Padblokkades, voertuigkontrolepunte, asook hoësig-patrollies is uitgevoer, waardeur 5060 persone en 2219 voertuie voorgekeer en deursoek is.
“Nakomingsinspeksies is uitgevoer by tweedehandse goederehandelaars, vuurwapenhandelaars, formele en informele besighede en drankafsetpunte, wat gelei het tot die sluiting van drie ongelisensieerde afsetpunte en die konfiskering van ‘n aansienlike hoeveelheid drank,” het Ehlers gesê.
Hoësigbaarheidspatrollies is in landelike gebiede uitgevoer waar verskeie plase en myne besoek is.
Ontwrigtende optrede het gelei tot die konfiskering van ‘n aansienlike hoeveelheid drank, dwelms en gevaarlike wapens.
Verskeie maatskaplike misdaadvoorkomingsaktiwiteite is in die provinsie gestuur om prioriteitsmisdade aan te spreek.
Ehlers het bygevoeg dat Kathu Maatskaplike Misdaadvoorkoming het saam met die Gemeenskapspolisieforum deur-tot-deur besoeke gedoen om huisbrake aan te spreek.
In Batlharos is skole deur die Kuruman Openbare Orde Polisie besoek waar daar op verskeie gevaarlike wapens beslag gelê is.
Die polisie in Siyathemba is by die gemeenskapspolisieforum aangesluit en het ‘n crèche besoek.
Hulle het interaksie met jong kinders gehad om bewustheid te skep oor kinderveiligheid en voorkoming van afknouery.
Bewusmakingsveldtogte is in die Pixely ka Seme-distrik gevoer met die fokus op seksuele misdrywe en Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord-verwante misdade.
’n Dwelmbewusmakingsveldtog is in Witdraai in die ZF Mgcawu-distrik gehou.
Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het haar dank uitgespreek teenoor alle bevelvoerders, lede en relevante belanghebbendes wat bygedra het tot die suksesse wat behaal is sowel as die gemeenskappe vir hul samewerking.
“Die Rate-Our-Service aanlyn opname kan gebruik word deur die QR-kode te skandeer om kommentaar te lewer op die dienste wat deur die SAPD in die Noord-Kaap gelewer word.”














